Geskiedenis

Takemas wat op 22 Oktober 1897 deur ‘n ene Gordon bereik is, was aanvanklik as trekveld vir veeboere gebruik. Op 15 Augustus 1883 word daar begin om die kanaal te grawe om besproeiing moontlik te maak. Verarmde Afrikaners word vanaf 1894 onder Ds Marchand op grond gevestig.

Februarie 1912 kom die nuwe groot Meul op Kakamas aan. Bouwerk aan die Meul begin. ‘n Vakman uit Switserland AB Hangartner installeer die elektriese Meul. Teen Augustus 1914 is die Meul in bedryf gestel.

Die transformator gebou wat aan die ander kant van die Oranje rivier opgerig is se hoogspanningsdrade wou hulle nie Koppel aan die Meul nie. Dit is waar die Transformator gebou vandaan kom wat oorkant die Meul Huis staan.

Aan die voorkant was Ankerklampe van yster wat ‘n bybeltekste gespel het wat ongelukkig verwyder is. Dit het “spaarsaamheid” uitgebeeld (Joh 6:12) en die noodsaaklikheid van die laaste “oortjie te betaal” (Matt 5:26).

Plaaslike Jong manne is in staat om die Meul in stand te hou na die vertrek van die Switserse ingenieur.

Ons (Walt & Marietjie van der Walt) koop die Oranje Kooperasie Store April 2006 nadat dit vir ongeveer 14 jaar leeg gestaan het. Die eerste winkel word betrek na die restourasie van die geboue in Oktober 2006.

Dit was ‘n droom in 2006 om hierdie spasie op die boonste vloer van die oorspronklike Meul Huis in ‘n Teater / Kunslokaal / Konferensie sentrum te ontwikkel.

Werk aan die Meul Huis Teater begin September 2015 nadat daar 22 winkels en 7 woonstelle in die kompleks voltooi is.

Ons opening vind 10 Desember plaas met die kunstenaar “Chris Chameleon en vriende” vertoning.

Voordurende verbeterings vind plaas en ons glo dat ons die Meul Huis Teater tot groot vrug vir die omgewing kan gebruik en as ‘n kulturele sentrum kan ontwikkel tot voordeel van die hele gemeenskap.

Copyright © 2015. Meul Huis Teater. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee