Kwessie van Balans met Pedro Kruger

Datum: 20/02/2016
Tyd: 8:00 pm - 10:00 pm
Plek: Meul Huis Teater
Beskrywing:

‘n Kwessie van Balans vat Pedro die mees populêre liedjies en sketse uit sy verskeie teatervertonings, roer dit saam met `n stewige dosis humor en `n kykie na Afrikanerwees, en bied dit aan die gehoor as `n potpourri van oorspronklike Afrikaanse werk.

Uittreksels uit Blougat, Lyf, Die Laaste Aand, Anna se Engel en Pello lewer kommentaar oor die onder andere verhoudings, kinders, liefde, drinkgewoontes en quilt trips.

Pedro is alombekend vir sy briljante werk op die verhoog wat produksies insluit soos Blougat, Lyf, Junkiedrome en
Anna se Engel. Hy kuier ook weekliks in Suid-Afrikaners se sitkamers as spankaptein op kykNet/M-Net se populêre
Liriekeraai. Sy talente as akteur, musikant en sanger maak hom een van Suid-Afrika se gunsteling persoonlikhede.

Die woorde is die werk van Hennie van Greunen, veelbekroonde storieverteler, wie se werk jaar na jaar vir uitverkoopte sale speel. Sy vorige produksies sluit treffers in soos Blougat, Lyf, Jinkie drome, Jong Dames Dinamiet, Die Laaste Aand, Cafè boerlesque, Wydekloof, Pello en Anna se Engel.


Plek op kaart:

Loading Map....

Copyright © 2015. Meul Huis Teater. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee