Danie Niehaus – Meesters van die kuns

Datum: 23/07/2016
Tyd: 8:00 pm - 10:00 pm
Plek: Meul Huis Teater
Beskrywing:

Danie Niehaus bring in sy vertoning, “Meesters van die Kuns” op ‘n luisterryke manier hulde almal wat die kuns bemeester om die wêreld ‘n plek van vrede en liefde te maak deur “meesters van die kuns” van die liefde te wees.

In die vertoning wys Danie op sy vermoë om musiek van verskeie genres en in verskeie tale te kan sing. Die oorspronklike musiek is meestal op die vrou gemik, besing die liefde en is die pennevrug van sy afgelope 30 jaar in die musiekbedryf wat gevier word met sy nuutste album, “Meesters van die Kuns”. Die program neem die gehoor op ‘n musikale reis deur ballades, ligte rock- en ligte klassieke musiek met vertellings – soms komies – oor die ontstaan van al die liedjies – dié uit sy eie pen, maar ook die musiek waarmee hy grootgeword het en wat hom geïnspireer het oor die jare om te skryf en te sing.

Kom eer saam met Danie Niehaus alle “Meesters van die kuns”.


Plek op kaart:

Loading Map....

Copyright © 2015. Meul Huis Teater. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee