2015 Opening

Unieke Teater open in Kakamas

Bykans 10 jaar nadat die ontwikkeling van die Meul Sentrum in 2006 in Kakamas begin het, en 101 jaar nadat dit gebou is word daar ‘n Teatertjie in die oorspronklike Meelhuis gebou ingerig. Hierdie saal kan gebruik word vir konferensies, kerkbyeenkomste, filmvertonings en kunsuitstallings.

Die spasie verleen hom uitstekend tot ‘n ruimte waarin kunste beoefen kan word omdat dit so ‘n interresante en historiese gebou is.

Daar is gepoog om van die ou identiteit te behou maar ook ou strukture te versterk en gebruikers vriendelik te ontwikkel sodat dit funksioneel en doeltreffend gebruik kan word.

2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
Veranderings is al ses jaar gelede begin toe die hout balke en strukture van die tweede vloer verander is in staal balke met ‘n nuwe hout vloer. Ook is die “back stage” op daardie stadium op die eerste vloer gebou waarvandaan kunstenaars met ‘n spiraal trap sal opbeweeg na die verhoog.

Om die glansryke opening van hierdie unieke Meul Huis Teater te vier, gaan Chris Chameleon bydrae tot die unieke geleentheid op 10 Desember met sy vertoning genaamd Chris Chameleon en Vriende.

Die pad vorentoe word beplan met vertonings deur kunstenaars een maal per maand of soos die behoefte is. Daar word beplan om ‘n wye verskeidenheid kunstenaars te gebruik om aan elke moontlike kuns smaak en ouderdom te pobeer voldoen. Voorstelle gaan ook verwelkom word.

2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon

Daar is twee addisionele vloere beskikbaar vir die gebruik saam met die Teater Lokaal. Dit gaan aangewend word vir etes en funksies met of afsonderlike van die Teaterlokaal.

2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon
2015 Opening met Chris Chameleon

Ons hoop dat die Meul Huis Teater as ‘n kultuur sentrum gesien kan word wat vir die omgewing tot bate sal wees, teatergangers waardeer sal word en dat die kunstenaars graag daar sal wil optree.

Copyright © 2015. Meul Huis Teater. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee